Vrouebedieninge lyk die afgelope paar jaar anders as in die verlede. Die bestaansreg vir ‘n Vrouebediening is daarin geleë dat vroue saam met mekaar en met God ‘n geloofsreis onderneem. Daar is ‘n definitiewe skuif in Vrouebedieninge om ‘n volwaardige missionale* vennoot in ons kerk te wees waarin ons saam luister en hoor hoe God ons innooi, vorm en stuur in God se plan met ons en die wêreld.
Die Vrouebediening Wes-Kaapland wil veilige ruimtes binne gemeentes skep waar gelowige vroue oor generasies en ander grense heen verenig kan word. Ons wil dit doen deur stereotipes af te breek en vroue te motiveer om by mekaar te leer, genesing te ontvang en geestelik te groei sodat ons binne die kerk en samelewing kan floreer.