In Individue

deur Yvonne Neethling

Vir my persoonlik is Ma-wees onlosmaakbaar deel van my vrouwees.

My ma-wees verskil egter hemelsbreed van my eie ervaring as kind. Ek het ‘n afwesige ma beleef in my kindwees tyd as gevolg van my onbeplande geboorte 11 maande na my ouer boetie sin.

My pa het ‘n groot gedeelte van hierdie leemte gevul met sy “omgee-liefde” en dit was eers nadat ek getroud is dat my skoonma hierdie wonderlike voorbeeld van ‘n “daar-wees” en “onvoorwaardelik-lief-wees” mamma gestel het, dat ek iets anders begin beleef het van ma-wees.

Twaalf jaar later, is my ma en pa geskei en het my “stiefma” net voortgebou op hierdie “ma-wees” voorbeeld en my om-arm met haar liefde en omgee.

Dit het so maklik geraak om onvoorwaardelik en sonder voorgee lief te wees vir my 3 kinders, 2 skoonkinders en 5 kleinkinders.

Ek het ook die voorreg van GAY-Mamma wees saam met my middelkind en het GENADE-GRENSE oorgesteek in my eie hart, iets wat ek in my nietigheid nooit kon dink bestaan nie.

My wens vir elke mammas – op watter manier ook al (eie kinders, peetkinders, aanneemkinders) hou jou hart oop vir God se genade vir Ma-wees.