In Individue

Ek is ‘n vrou.
Ek is eggenoot.
Ek is mamma van drie, pragtige rooikop kinders.
Ek is vriendin, dogter en suster.
Ek is lief vir my familie.
Ek is kind van God.
God se Gees maak my sterk.
Ek dra hoop en lewe en kyk die wêreld in die oë.

Die laaste paar maande het ek ontdek dat ek meer
gawes het as wat ek gedink het.
Ek het ondek dat my menswees meer is as wat
ek besef en dat ek dit kan en moet omarm.
Ek het ruimtes ontdek waar my menswees nodig
en belangrik is.
Ek het gehoor dat ek tot alles in staat is deur
Christus wat my krag gee.
Op hierdie geloofsreis van my is God nooit klaar met my nie.
Ek is ‘n vrou, uniek geskep deur God

Marelise