In Individue

Ek is ‘n vrou
Ek is uniek geskep deur God
En ‘n ERE plek in die lewe gegee

Ek was Mamma op 16!
Verstoot – Verlam – Veroordeel – Verlore
Ek is na ‘n tehuis vir ongehude moeders
Weggesteek vir die wêreld – ‘n sonde!
Gedwing om die baba weg te gee…
Ek het besluit om hom te hou,
hom groot te maak vir God.

Ek moes weer leer om te Glo,
Leer van God, leer van Vergifnis,
Leer Vertrou, leer om Heel te wees

God het gewerk toe ons gebroke en verstote was.
God het gewerk met ‘n doel. God het my voorberei
om Mamma van my 3 te wees, vrou en dogter te
wees en die belangrikste van als, kind van God!

Ek is ‘n vrou, uniek geskep deur God.