In Uncategorised

Die meeste van ons het al van Luciano Pavarotti gehoor. Hy was een van die wêreld se beste tenore ooit. Op ‘n stadium het hy vertel hoedat sy lewenspad geloop het tot by daardie punt.

As jong seun het sy pa, wat ‘n bakker was, hom aan musiek blootgestel. Sy pa was die een wat hom aangemoedig het om hard daaraan te werk om sy stem te ontwikkel.

Hy het stemlesse geneem by ‘n professionele tenoor in sy geboortedorp Modena, in Italië. Maar Pavarotti het ook by ‘n onderwyskollege ingeskryf.

Toe hy die dag gradueer by die onderwyskollege, vra hy vir sy pa: “Moet ek ‘n onderwyser word of ‘n sanger?”

Pavarotti se pa het hom geantwoord: “Luciano, as jy probeer om op twee stoele te sit, sal jy tussen hulle deurval. Want in die lewe moet jy een stoel kies.”

Luciano Pavarotti het een gekies. Hy vertel later: “It took seven years of study and frustration before I made my first professional appearance. It took another seven to reach the Metropolitan Opera. And now I think… whether it’s laying bricks, writing a book – whatever we choose – we should give ourselves to it. Commitment, that’s the key. Choose one chair.”

Hierdie verhaal het my laat dink aan Jesus wat in die bergrede mense leer en dan vir hulle sê in Matt 6:24: “Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie. Hy sal òf die een minder ag en die ander een hoër, òf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie.”

Wat Jesus baie prakties vir die mense kom sê, is dat jy nie vir God en nog ‘n ander afgod gelyktydig kan aanbid nie. Dit kan net nie werk nie, want jy kan nie op twee stoele sit nie…

Moes jy al in jou lewe daardie keuse maak? Moes jy al een stoel kies?

Mag God jou in 2018 seën met alles wat jy nodig het om committed te wees!