Vroue met Vlerke Geloofsreis

Die Vrouebediening Wes-Kaapland wil vroue help om God self te hoor saam met ander vroue. Ons glo dat ons God hoor as ons luisterend die Bybel lees en deel wat ons hoor met geloofsvriendinne.

As vroue só na God luister dan hoor hulle …

  • dat hulle ‘n plek het;
  • dat hulle gelyk langs ander mag staan;
  • dat hulle mense het wat hulle lief het;
  • dat hulle hul volle menswees- kan omarm, en
  • dat God hulle voorberei vir iets groter as hulself.

Dat elkeen van ons op ‘n geloofsreis gaan, beteken…

  • dat die reis belangriker is as die bestemming;
  • dat die Gees nooit klaar is met ons nie;
  • dat die Gees verskillend met elkeen van werk;
  • dat daar nie een antwoord is wat vir almal pas nie;
  • dat ons nie vir mekaar kan sê wat om te doen nie,
    maar slegs saam kan luister;
  • dat elke vrou haar eie reis die beste verstaan.

Om vroue hiermee te help, wil ons groepe skep…

  • waar vroue mekaar lief het;
  • aanvaar word en ingenooi word om saam te reis.

Klik hier vir Vroue Met Vlerke Geloofsreis pamflet.

Vroue met Vlerke Drielinggroepe

Vrouebegeleiding wil vroue help om God self te hoor saam met ander vroue. Ons glo dat ons God hoor as ons luisterend die Bybel lees en dit wat ons hoor met geloofsvriendinne kan deel.

Klik hier vir die Vroue met Vlerke drielinggroepe se pamflet.

drielinggroepe