In Groepe

“Ek is ‘n vrou,
Ek is uniek geskep deur God
En ‘n plek in hierdie lewe gegee –
‘n ruimte om te mag wees.
Die hele wêreld het gewag
Dat ek gebore moet word.”

Wow! Wat ‘n kragtige begin is dit nie in hierdie gebed/gedig nie.

Wat ‘n wonderlike ervaring was dit nie om die woorde te hoor, te lees en te deel met my mede gelowige susters nie. Die Bybel verhaal kon net sowel vandag af gespeel het.

Woorde kan nie regtig die reis wat ons met mekaar ervaar het, beskryf nie; elkeen met haar eie reis en ook saam. Ons kon luister, deel, saam empatie hê met ander, harte oopmaak en so ook die groei in onsself ervaar. ‘n Speiale band in Christus is gevorm.

Ons is opgewonde om dit met ander te deel en saam met die Bybelvroue op reis te gaan…